Wilhelm Laufs
Short Stories, Die Oog Sien by Tooiselvere, Videos, Photos, Illustrations. First EP Erfenis, Out Now on Spotify etc!
latest work
TIBBIE VISSERLAAN 13
Featuring Poen-O Deelman, Weerwolf Botha en Zorbie Pienaar
Het jy al ooit ‘n spook gesien? Met Halloween om die draai is dit die vraag op almal se lippe…
Ek het so twee jaar terug vir die eerste keer ‘n spook gesien. Dit was toe ek die Attakwas probeer ry het. Die spook het in Leeukloof ‘n hele paar keer aan my verskyn terwyl ek tot bo op die bult probeer kom het. Die spook het my so opgehou dat ek ongelukkig die afsny met 20min gemis het. As jy graag ‘n spook wil sien stel ek voor jy skryf in vir die Attakwas.
Tibbie Visserlaan 13 is ‘n Konsentrasiekamp20 (KK20) classic. Dit gaan oor ‘n spookhuis in Bloemfontein en is geïnspireer deur Sandra Stutterheim wat mal geraak het in 7nde Laan. Dit was een van haar komplotte om te maak of sy mal is en sy het net die heel tyd “Skêre, Stomp Skêre” gesê. Die oorspronklike weergawe gebruik die bekende riff van Everclear se liedjie Santa Monica. Hulle liedjie het ook ‘n spook tema en begin “I am still living with your ghost” Op daardie stadium (2004) was dit ook min of meer al riff wat ek op die gitaar kon speel. Ons het die liedjie baie live gespeel en dit toe ook opgeneem. Dit was ‘n fan favourite.
Vir hierdie weergawe het Poen-O Deelman (Vocals + Baskitaar) opgeteam met Weerwolf Botha (Vocals) en Zorbie Pienaar (Dramatiese Voorwoord). Die idee was aanvangklik om ‘n punk weergawe van die liedjie te doen maar ek het baie gesukkel om ‘n lekker punk kitaar sound te kry en toe word dit drum en bass. Die kunswerk in die agtergrond is die bekende The Scream skildery deur Noorweegse kunstenaar Edvard Munch.
Wees gewaarsku!
Latest posts
PHOTOGRAPHY


Illustrations









